3 Red my as ek om hulp kom smeek. U is my God, die Een wat my lewe beheer.Daarom bid ek tot U.
4 U sal hoor as ek soggens vroeg met U praat, Here.Soggens sal ek my hart oopmaak en wag op u antwoord.
5 Here, U hou niks van slegte dinge nie.Daarom sal iemand wat kwaad doen, nooit by U tuis voel nie.
6 Hulle wat dink hulle is beter as ander, sal ongemaklik by U wees.U hou niks van mense wat lelike dinge aan ander doen nie.
7 U bring ’n einde aan oneerlike mense wat lieg en kwaadpraat.Hulle wat doodmaak en bedrieg, maak U sommer baie kwaad.
8 U sal my toelaat om naby U te kom, want ek wil U aanbid.Omdat U u kinders baie liefhet, mag ek na U toe kom. Uit eerbied mag ek voor U neerkniel.
9 Here, help my om reg te lewe, want mense wat niks van my hou nie, hou my fyn dop. Help my om op die reguit pad te loop wat U gelukkig maak.