4 U sal hoor as ek soggens vroeg met U praat, Here.Soggens sal ek my hart oopmaak en wag op u antwoord.
5 Here, U hou niks van slegte dinge nie.Daarom sal iemand wat kwaad doen, nooit by U tuis voel nie.
6 Hulle wat dink hulle is beter as ander, sal ongemaklik by U wees.U hou niks van mense wat lelike dinge aan ander doen nie.
7 U bring ’n einde aan oneerlike mense wat lieg en kwaadpraat.Hulle wat doodmaak en bedrieg, maak U sommer baie kwaad.
8 U sal my toelaat om naby U te kom, want ek wil U aanbid.Omdat U u kinders baie liefhet, mag ek na U toe kom. Uit eerbied mag ek voor U neerkniel.
9 Here, help my om reg te lewe, want mense wat niks van my hou nie, hou my fyn dop. Help my om op die reguit pad te loop wat U gelukkig maak.
10 Mens kan niks glo wat daardie oneerlike mense sê nie.Hulle is net daarop uit om mense te vernietig.Hulle praat mooi woordjies, hulle vlei mense, maar met ’n gladde mond bring hulle ander tot ’n val.