2 Here, U is my God. Ek skuil by U!Red my van almal wat my wil seermaak.Hou hulle ver van my af weg!
3 Hulle is net soos honger leeus wat rondkyk om iets te kry wat hulle kan opeet.Help my, want daar is niemand anders wat dit kan doen nie.
4 Here, my God, as ek dinge gedoen het wat nie reg is in u oë nie, wys dit tog vir my!
5 As ek mense wat my wou help, of mense wat teen my was, sleg behandel het, kan hulle my maar in die grond in trap.Dan kan hulle my maar slegsê.
6 Mag my vyand my dan in die hande kry, en my bykom en verneder.
7 Staan asseblief op, Here! Gryp tog in!Word ’n slag kwaad vir daardie spul wat so vol woede teen my baklei.Pas my op. U wil mos hê dat mense reg behandel word.
8 Laat al die mense in die wêreld in ’n kring gaan sit. Dan gaan sit U op u troon in die hemel, daar van waar U die wêreld beheer.U is die sterkste, U heers oor almal.