7 Staan asseblief op, Here! Gryp tog in!Word ’n slag kwaad vir daardie spul wat so vol woede teen my baklei.Pas my op. U wil mos hê dat mense reg behandel word.
8 Laat al die mense in die wêreld in ’n kring gaan sit. Dan gaan sit U op u troon in die hemel, daar van waar U die wêreld beheer.U is die sterkste, U heers oor almal.
9 Daarom kan U die regte besluite oor elkeen se lewe neem. En daarom kan ek nou by U pleit: kyk tog dat ek die regte dinge gedoen het, Here! Ek is onskuldig. Ek verdien nie om so sleg behandel te word nie.
10 Maak ’n einde aan slegte mense se planne wat weier om na U te luister. Maar help hulle wat U liefhet, o God.U weet mos of mense reg leef en of hulle vertrou kan word. U tree altyd regverdig op.
11 U beskerm my, want U help almal wat reg voor U leef.
12 God is ’n eerlike regter. Hy neem altyd die regte besluite.U word kwaad vir mense wat verkeerde dinge doen. As iemand nie sy sondes laat staan en doen wat U wil hê nie, straf U hom.
13 Dan is U soos ’n jagter wat u swaard skerp maak en pyl en boog span om die slagoffer te skiet.