2 Here, ons Here, hoe groot is U nie; U word oor die hele aarde geprys!Alles wat U in die hemelruim gemaak het, vertel hoe groot U regtig is.Uit die blou lug klink simfonieklanke wat aan U lof bring.
3 Deur swak en klein mensies word u groot krag hier op aarde uitgebasuin,deur ’n baba wat geluidjies maak of ’n pap babatjie in ’n ma se arms.U groot krag laat almal wat met U probeer baklei gou-gou stil word.
4 As ek opkyk na alles wat U in die hemelruim gemaak het, al die planete, die maan,melkwegstelsels en miljoene sterre,snak ek na my asem as ek sien hoe piepklein die mens regtig is. Hoekom gee U vir hom om?
5 En tog, hoeveel gee U nie om vir hierdie piepklein mensie nie!Dink net: U sorg vir hom. Hy is vir U baie belangrik.