5 En tog, hoeveel gee U nie om vir hierdie piepklein mensie nie!Dink net: U sorg vir hom. Hy is vir U baie belangrik.
6 U het hom so belangrik gemaak dat hy amper soos U is;U behandel hom soos ’n koning; U gee ’n baie hoë posisie aan hom. U wil hê dat die mens oral moet wys hoe groot U is. Hy is mos u verteenwoordiger. Hy regeer oor die hele aarde.
7 U laat hom soos ’n groot leier oor u handewerk regeer. Hy moet vir alles sorg wat U gemaak het.
8-9 Veral die diere is van hom afhanklik - die vee, wilde diere, voëls en visse.
10 Here, ons Here, hoe groot is U nie; U word oor die hele aarde geprys!