2 Met alles binne-in my wil ek vir die Here dankie sê! Ek wil praat oor die wonderlike dinge wat U gedoen het.
3 Ek is bly oor U! Ek juig oor wat U gedoen het.Allerhoogste God, ek sal liedere sing om U te eer.
4 Mense wat niks van my hou nie, pla my nie meer nie.U het hulle tot ’n val gebring. Hulle het voor U vergaan.
5 Maar U het my reg behandel. Soos ’n goeie regter het U my saak goed hanteer. U het ’n regverdige uitspraak gegee.
6 U het daardie spul wat U nie ken nie, ernstig gewaarsku.U het ’n einde gemaak aan hulle wat U nie dien nie. U het hulle name van die aarde afgevee.
7 Niemand sal ooit weer oor hulle dink of praat nie.U het selfs die plekke waar hulle gebly het, van die aarde afgevee.Mense sal nooit weer daaraan dink nie.