23 Maar die ou man het uitgegaan om met hulle te probeer redeneer en vir hulle gesê: “Asseblief, my vriende, ek smeek julle, moet tog nie so ’n afgryslike ding wil doen nie. Hierdie man is tog ’n gas in my huis, dit sou ’n skande wees.
24 Kyk, hier is my dogter, sy is nog ’n maagd, vat haar en doen met haar net wat julle wil. Maar moenie so ’n skandelike ding aan hierdie man wil doen nie. ”
25 Die mans wou egter nie na hom luister nie. Toe stoot die Leviet sy byvrou by die deur uit. Die boewe het haar gegryp en haar oor en oor verkrag en misbruik tot die volgende môre. Teen dagbreek het hulle haar laat gaan.
26 Dit was nog skemer toe die vrou by die huis aangekom het waarin haar man was. Sy het voor die deur inmekaargesak en daar bly lê tot sonop.
27 Toe die man later by die deur wou uitgaan om verder te reis kry hy sy byvrou waar sy voor die deur lê met haar hande na die deur toe uitgestrek.
28 Hy sê toe vir haar: “Staan op dat ons kan gaan,” maar sy het hom nie geantwoord nie, sy was reeds dood. Hy het haar liggaam opgetel en op die donkie gesit, en huis toe gegaan.
29 By die huis aangekom, het hy ’n mes gevat en haar liggaam in twaalf stukke opgesny. Hy het vir elke stam van Israel ’n stuk gestuur.