9 Nadat hulle ’n lys opgestel het van almal wat daar was, het hulle gesien dat niemand uit Jabes teenwoordig was nie.
10 Die vergadering het toe 12 000 soldate na Jabes toe gestuur met die opdrag om almal, ook die vroue en kinders, dood te maak.
11 “Dit is wat julle moet doen,” was hulle opdrag. “Maak elke man en elke vrou wat nie meer ’n maagd is nie, dood.”
12 Hulle het 400 meisies in Jabes gekry wat nog maagde was. Hulle het hierdie meisies na die kamp by Silo in Kanaän gevat.
13 Die Israelitiese vergadering het toe ’n vredesafvaardiging na die oorblywende Benjaminiete gestuur wat by die rots by Rimmon gebly het.
14 Die Benjaminiete het teruggekom en die volk het vir hulle die meisies uit Jabes in Gilead as vroue gegee. Daar was egter nie genoeg meisies sodat elkeen ’n vrou kon kry nie.
15 Die volk het vir Benjamin jammer gekry, want die Here het die eenheid onder die stamme van Israel verbreek.