14 Hulle het almal as een volhard in gebed, in een gees saam met die vroue en met Miryam, die moeder van Yeshua en saam met Sy broers.
15 In daardie dae het Kefa tussen die studentevolgelinge, (dié wat bymekaar was, was omtrent honderd en twintig manne), opgestaan en gesê:
16 “Broers, dit was reg dat die Skrif vervul moes word wat die Gees van Afsondering vooruit deur die mond van Dawid gesê het aangaande Y’hudah; hy wat die gids was vir húlle wat Yeshua gevang het,
17 want hy is saam met ons getal gereken en het ’n deel van hierdie dienswerk gekry.
18 Dit is hy wat vir hom ’n stuk grond met die loon van sonde gekoop het en vooroor op die grond geval, oopgebars en al sy ingewande uitgeval het
19 en dit het bekend geword aan al die inwoners van Yerushalayim sodat daardie stuk grond in die taal van die streek Gakal-D’ma genoem is, dit is ‘Bloedgrond,’Ps 69:26 en ’n ander een sal sy dienswerk oorvat.’Ps 109:8
20 want daar staan geskrywe in die boek van die Psalms: ‘Laat sy woonplek verlate wees en laat daar niemand in woon nie!