1 Daar was in Kaisareia ’n sekere man met die naam van Kornelios, ’n kaptein oor honderd van die leërafdeling wat ‘Italiaans’ genoem is.
2 Saam met sy hele huis was hy onpartydig opreg en het God aanbid en het baie deur omgee gesorg vir die mense en het altyddeur leiding van God gevra.
3 Hy het in ’n gesig omtrent drie-uur die middag duidelik ’n boodskapper van God na hom toe sien kom wat vir hom sê: “Kornelios!”
4 Hy het die oë baie bang op hom gehou en gesê: “Wat is dit, my meester?” Toe antwoord hy hom: “Jou gebede en jou dade van omgee het voor God in herinnering gekom.
5 Stuur dan nou manne na Yafo en laat vir Shim’on haal, wat ook Kefa genoem word.
6 Let op, hy bly by ’n sekere Shim’on, ’n leerlooier, wie se huis by die see is. Hy sal jou sê wat jy moet doen.”