27 Terwyl hy met hom praat, gaan hy in en kry baie wat bymekaargekom het
28 en hy sê vir hulle: “Julle weet dat dit nie toegelaat word vir ’n Joodse man om met iemand van ’n ander volk te assosieer of om hom te besoek nie, maar God het my gewys dat ek geen mens vuil of onrein mag noem nie,
29 ek het daarom, toe ek geroep is, dadelik gekom. Ek vra dan om watter rede julle my laat roep het.”
30 Kornelios sê: “Vier dae gelede, omtrent hierdie uur, was ek besig om te vas en drie-uur die middag het ek in my huis gebid en skielik staan daar ’n man voor my in wit klere
31 en sê: ‘Kornelios, jou gebed is gehoor en jou dade van omgee is voor God in herinnering gebring.
32 Stuur dan na Yafo en laat Shim’on, wat ook Kefa genoem word, haal. Hy bly in die huis van Shim’on, ’n leerlooier, naby die see; as hy kom, sal hy met jou praat.’
33 Ek het onmiddellik na u gestuur en u het goed gedoen om te kom. Let op, ons is almal voor u om alles te hoor wat van die Teenwoordigheid van God aan u beveel is.”