32 Stuur dan na Yafo en laat Shim’on, wat ook Kefa genoem word, haal. Hy bly in die huis van Shim’on, ’n leerlooier, naby die see; as hy kom, sal hy met jou praat.’
33 Ek het onmiddellik na u gestuur en u het goed gedoen om te kom. Let op, ons is almal voor u om alles te hoor wat van die Teenwoordigheid van God aan u beveel is.”
34 Shim’on het sy mond oopgemaak en gesê: “In waarheid verstaan ek dat God geen aannemer van die persoon is nie,
35 maar dat in elke nasie dié een wat Hom vrees en onpartydig opreg is, aanvaarbaar is vir Hom.
36 Dít is die boodskap wat Hy gestuur het aan die kinders van Yisra’el toe Hy die goeie nuus van vrede, gesondheid, voorspoed, vergenoegdheid en rus verkondig het deur Yeshua, Die Gesalfde Een; Hy wat יהוה van almal is.
37 Julle ken die boodskap wat in die hele Y’hudah was, wat vanuit die Galil begin het, ná die doop wat Yoganan verkondig het,
38 aangaande Yeshua van Natzeret, wat God gesalf het met die Gees van Afsondering en met krag. Hy het rondgegaan en almal genees wat onderdruk was deur die Bose een omdat God in Hom was.Deut 21:23