1 Die Afgevaardigdes en die broers wat in Y’hudah was, het gehoor dat die ander nasies ook die boodskap van God aanvaar het
2 en toe Shim’on opgaan na Yerushalayim, het die wat uit ‘die besnydenis groep’ was, hom teëgestaan
3 en gesê: “Jy het in die teenwoordigheid van onbesnede manne ingegaan en saam met hulle geëet.”
4 Shim’on het tussenbeide getree en vir hulle gesê:
5 “Toe ek in die stad Yafo in gebed was, het ek in ’n visioen ’n voorwerp, soos ’n groot laken, uit die hemel sien neerdaal, wat aan die vier hoeke uit die hemel afgesak het en dit het tot by my gekom.
6 Ek het daarna gekyk en diere daarin gesien; viervoetige diere van die aarde, kruipende diere en die voëls van die hemel
7 en ek het ’n stem vir my hoor sê: ‘Shim’on, staan op en eet!’