24 want hy was ’n goeie man en vol van die Gees van Afsondering en vertroue en baie mense is by ons Meester bygevoeg.
25 Hy het na Tarsus vertrek om Sha’ul te soek
26 en toe hy hom kry, het hy hom saam met hom na Antiogeia gebring en hulle het ’n hele jaar lank as een saam in die gemeente bymekaargekom en baie mense geleer en die studentevolgelinge is in Antiogeia vir die eerste keer ‘volgelinge van Die Gesalfde Een’ genoem.
27 In dié dae het daar profete van Yerushalayim na Antiogeia afgekom
28 en een van hulle met die naam van Agav het opgestaan en deur die Gees te kenne gegee dat daar ’n groot hongersnood oor die hele land sou kom, wat ook gebeur het onder keiser Klaudios.
29 Die studentevolgelinge het besluit dat elkeen van hulle na sy vermoë iets sou stuur tot versorging van die broers wat in Y’hudah bly,
30 wat hulle deur die hande van Bar-Nabba en Sha’ul, aan die oudstes gestuur het.