4 Shim’on het tussenbeide getree en vir hulle gesê:
5 “Toe ek in die stad Yafo in gebed was, het ek in ’n visioen ’n voorwerp, soos ’n groot laken, uit die hemel sien neerdaal, wat aan die vier hoeke uit die hemel afgesak het en dit het tot by my gekom.
6 Ek het daarna gekyk en diere daarin gesien; viervoetige diere van die aarde, kruipende diere en die voëls van die hemel
7 en ek het ’n stem vir my hoor sê: ‘Shim’on, staan op en eet!’
8 Ek het geantwoord: ‘Nooit nie, my Meester, want ek het nog nooit iets vuils of onrein geëet nie.’
9 Die stem het weer uit die hemel geantwoord: ‘Wat God rein gemaak het, mag jy nie vuil ag nie.’
10 Dit het drie maal gebeur en alles is weer opgetrek in die hemel in