16 Shim’on het aangehou met klop en toe hulle oopmaak, sien hulle hom en was verwonderd teenoor mekaar.
17 Hy het vir hulle met die hand gewys om stil te bly en ingekom en aan hulle vertel hoe יהוה hom uit die tronk uitgebring het en hy sê: “Vertel dit aan Ya’akov en die broers.” Hy het uitgegaan na ’n ander plek toe.
18 Toe dit oggend was, was daar ’n groot oproer onder die soldate oor wat van Shim’on geword het!
19 Toe Herodes hom gesoek en nie gekry het nie, het hy die wagte veroordeel, beveel dat hulle doodgemaak moes word en hy het van Y’hudah na Kaisareia gegaan en daar gebly.
20 Omdat hy in vyandskap was met die mense van Tzor en Tzidon, het hulle saamgespan en na hom toe gekom en nadat hulle Blastos, die koning se hofdienaar, omgepraat het, vrede gevra omdat hulle land voorsiening uit die koning s’n ontvang het.
21 Op ’n bepaalde dag het Herodes ’n koninklike kleed aangetrek en op die regstroon gaan sit en met die skare gepraat,
22 maar al die mense het uitgeroep en gesê: “’n Stem van ’n god en nie van ’n mens nie!”