18 Toe dit oggend was, was daar ’n groot oproer onder die soldate oor wat van Shim’on geword het!
19 Toe Herodes hom gesoek en nie gekry het nie, het hy die wagte veroordeel, beveel dat hulle doodgemaak moes word en hy het van Y’hudah na Kaisareia gegaan en daar gebly.
20 Omdat hy in vyandskap was met die mense van Tzor en Tzidon, het hulle saamgespan en na hom toe gekom en nadat hulle Blastos, die koning se hofdienaar, omgepraat het, vrede gevra omdat hulle land voorsiening uit die koning s’n ontvang het.
21 Op ’n bepaalde dag het Herodes ’n koninklike kleed aangetrek en op die regstroon gaan sit en met die skare gepraat,
22 maar al die mense het uitgeroep en gesê: “’n Stem van ’n god en nie van ’n mens nie!”
23 Omdat hy nie die eer, lof en aanbidding aan God gegee het nie, het ’n engel van יהוה hom onmiddellik geslaan en hy is deur wurms opgeëet en is dood,
24 maar die goeie boodskap van God is verkondig en het gegroei.