1 Daar was in die plaaslike gemeente in Antiogeia sekere profete en leraars, naamlik Bar-Nabba, Shim’on (wat Swart genoem word), Loukios (van Kurene), Menagem (seun van hulle wat Herodes, die heerser oor vier streke, grootgemaak het) en Sha’ul.
2 Terwyl hulle besig was om God te aanbid en te vas, het die Gees van Afsondering vir hulle gesê: “Sonder Bar-Nabba en Sha’ul vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.”
3 Nadat hulle gevas, gebid en hulle die hande opgelê het, het hulle hul uitgestuur.
4 Hulle het, nadat hulle deur die Gees van Afsondering uitgestuur is, afgegaan na Seleukeia en daarvandaan op die see gevaar na Kupros.