22 Hy het hom verwyder en Hy het Dawid vir hulle opgelig as koning, van wie Hy ook gesê en getuig het: “Ek het Dawid, die seun van Yishai, ’n man na My gedagtes en wil gevind, wat My begeertes sal doen.Yes 11:1-4; Yir 23:5,6; Ps 89:4,5
23 Uit die nageslag van hierdie man het God, volgens die belofte, Yeshua as Verlosser laat opstaan vir Yisra’el.
24 Hy het Yoganan gestuur om, voor Sy koms, die doop van berou oor sonde en omdraai na God aan al die mense van Yisra’el te verkondigMat 3:11
25 en toe Yoganan aan die einde van sy bediening gekom het, het hy gesê: ‘Wie dink julle is ek? Ek is dit nie, maar kyk, Hy kom ná my, Wie se sandaalbande ek nie waardig is om los te maak nie.’
26 Broers, kinders van die geslag van Avraham en dié wat God saam met julle aanbid; vir julle is hierdie Boodskap van lewe gestuur,
27 want die inwoners van Yerushalayim en hulle leiers het Hom nie herken nie en ook nie die skrifte van die profete wat elke Shabbat gelees word nie, maar hulle het Hom veroordeel en so dit wat geskryf is vervul.
28 Alhoewel hulle niks gekry het wat die dood verdien nie, het hulle van Pilatos gevra dat Hy doodgemaak moes word.Deut 21:23 en in ’n graf gesit,