27 want die inwoners van Yerushalayim en hulle leiers het Hom nie herken nie en ook nie die skrifte van die profete wat elke Shabbat gelees word nie, maar hulle het Hom veroordeel en so dit wat geskryf is vervul.
28 Alhoewel hulle niks gekry het wat die dood verdien nie, het hulle van Pilatos gevra dat Hy doodgemaak moes word.Deut 21:23 en in ’n graf gesit,
29 Toe hulle alles vervul het wat oor Hom geskrywe is, het hulle Hom van die kruishout afgehaal
30 maar God het Hom uit die graf uit laat opstaan
31 en gedurende baie dae het Hy verskyn aan die wat saam met Hom opgegaan het vanaf die Galil na Yerushalayim en hulle is nou Sy getuies by die mense.
32 Ons bring ook vir julle die goeie boodskap: dat die belofte wat aan ons vaders gedoen is,Ps 2:7; Heb 1:5; Heb 5:5
33 let op, deur God aan ons, hulle kinders, vervul is, deur Yeshua te laat opstaan, soos daar ook in die tweede psalm geskrywe is: ‘U is My Seun, vandag het Ek U voortgebring.’Yes 55:3