34 So het God Hom laat opstaan uit die graf sodat Hy nie meer tot verderwing sou terugkeer nie; soos dit sê: ‘Ek sal aan julle gee die onverdiende guns van die getroue Dawid.’Ps 16:10 ‘U sal U Reine nie gee om verderwing te sien nie,’
35 Weer sê Hy op ’n ander plek:
36 want nadat Dawid sy eie geslag volgens die raad van God gedien het, is hy dood en is hy by sy vaders weggelê en het verderwing gesien,
37 maar Hy wat deur God opgewek is, het geen verderwing gesien nie;
38 daarom moet julle weet, broers, dat deur hierdie Man, die bevryding van sondes aan julle verkondig word
39 en dat elkeen wat vertrou, deur Hom onskuldig verklaar word van alles waarvan julle deur die wet van Moshe nie onskuldig verklaar kon word nie.
40 Wees dan versigtig dat dit wat die profete gesê het nie oor julle kom nie:Hav 1:5‘Let op, julle bespotters en wees verwonderd en word vernietig, want Ek gaan iets in julle tyd doen, iets wat julle sekerlik nie sal glo as iemand julle dit vertel nie’.”