4 Hulle het, nadat hulle deur die Gees van Afsondering uitgestuur is, afgegaan na Seleukeia en daarvandaan op die see gevaar na Kupros.
5 Toe hulle in Salamis gekom het, het hulle die boodskap van ons Meester in die bymekaarkomplekke van die Jode verkondig en Yoganan het hulle bedien.
6 Hulle het die eiland deurkruis tot by Pafos en ’n towenaar gevind, ’n valse profeet, ’n Jood met die naam van Bar-Y’hoshua. (Ar. Bar-Shuma).
7 Hy was by die goewerneur Sergios Paulos, ’n verstandige man. Dié het Bar-Nabba en Sha’ul laat roep en het begeer om die boodskap van God te hoor,
8 maar hierdie towenaar, Bar-Shuma, wie se naam vertaal word as Elumas (Gr.), het hulle teëgestaan, want hy wou die goewerneur wegdraai van die geloof.
9 Sha’ul, wat ook Paulos genoem is, vol van die Gees van Afsondering, het stip na hom gekyk
10 en gesê: “O, een vol van alle misleiding en alle boosheid, seun van die teëstander en vyand van alle onpartydige opregtheid, sal jy nie ophou om die reguit paaie van יהוה te verdraai nie?