47 want so het ons Meester ons beveel, soos dit geskryf is: ‘Ek het U ’n Lig vir die nasies gemaak, om tot lewe te wees tot aan die eindes van die aarde’.”
48 Toe dié van ander nasies dit hoor, was hulle verheug en hulle het God geloof, geëer en aanbid en almal wat gevestig was tot die ewige lewe, het vertrou.
49 Die boodskap van יהוה is deur die hele streek versprei,
50 maar die Jode het die belangrike manne en die gesiene godsdienstige vroue van die stad opgesweep en teen Sha’ul en Bar-Nabba ’n vervolging begin en hulle uit hul gebied verdryf.
51 Toe hulle weggaan, het hulle die stof van hulle voete teen hulle afgeskud en na Ikónion gegaan.
52 Die studentevolgelinge is vervul met blydskap en met die Gees van Afsondering.