1 Manne wat van Y’hudah af gekom het, het die broers geleer: “As julle nie besny word, volgens die tradisie van die wet nie, kan julle nie lewe hê nie.”
2 Hieroor het daar ’n groot opstand en woordewisseling van die kant van Sha’ul en Bar-Nabba teen hulle ontstaan en daar is besluit dat Sha’ul, Bar-Nabba en nog sekere ander van hulle, sou opgaan na die afgevaardigdes en oudstes in Yerushalayim, in verband met hierdie vraagstuk.
3 Hulle is hierop deur die gemeente uitgestuur en het deur Foinike en Shomron gegaan en vertel van die ander nasies se wegdraai van sondes na God toe en dit het groot blydskap vir al die broers gebring.
4 By hulle aankoms in Yerushalayim is hulle deur die gemeente, die afgevaardigdes en die oudstes ontvang en hulle het verslag gedoen van al die dinge wat God deur hulle gedoen het,
5 maar sommige gelowiges uit die party van die Fariseërs het opgestaan en gesê: “Dit is noodsaaklik dat hulle besny word en beveel word om die wet van Moshe te onderhou.”
6 Die afgevaardigdes en die oudstes het bymekaargekom om hierdie saak te ondersoek
7 en nadat ’n groot debat gevolg het, het Shim’on opgestaan en vir hulle gesê: “Broers, julle weet dat God van die begin af gekies het dat die nasies deur my mond die goeie boodskap sal hoor en vertrou