11 Ons vertrou dat ons, deur die onverdiende guns van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, lewe ontvang deur vertroue, net soos hulle.”
12 Almal in die byeenkoms het stilgebly en na Bar-Nabba en Sha’ul geluister terwyl hulle van al die tekens en wonders vertel wat God deur hulle onder die nasies gedoen het.
13 Toe hulle stilgebly het, staan Ya’akov op en sê: “Broers, luister na my!
14 Shim’on het vertel presies hoe God in die begin besluit het om mense uit die ander nasies vir Sy Karakter en Outoriteit (Naam) aan te neem
15 en dit stem ooreen met die boodskap wat die profete geskryf het:`Am 9:11
16 ‘Daarna sal Ek terugkom en die gevalle tent van Dawid weer herbou en wat daarvan vernietig is, sal Ek weer herbou en herstel
17 sodat die oorblyfsel van die mense יהוה kan soek, uit al die nasies oor wie My Outoriteit en Karakter (Naam) uitgeroep is, sê יהוה, wat al hierdie dinge gemaak het.’Num 15:16; Yes 56:1-7