19 As gevolg hiervan sê ek dat ons hulle, wat vanuit die ander nasies na God toe gedraai word, nie verder moet belas nie,
20 maar aan hulle skryf dat hulle hul moet afsonder van dié dinge wat deur afgode besoedel is, van alle seksuele immoraliteit, van wat verwurg is en van bloed,Lev 17-19
21 want van die vroegste geslagte af het Moshe díégene, wat hom in elke stad verkondig terwyl hy elke Shabbat in die bymekaarkomplekke gelees word.”
22 Toe het die afgevaardigdes en die oudstes saam met die hele gemeente manne vanuit hulle gekies en na Antiogeia gestuur saam met Sha’ul en Bar-Nabba; naamlik Y’hudah, wat genoem word Bar-Sabba en Sila, manne wat leiers onder die broers was.
23 Deur hulle hand het hulle dít geskryf: “Die afgevaardigdes, die oudstes en die broers; aan die broers uit die nasies in Antiogeia, Sirië en Kilikia: vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid!
24 Ons hoor dat sommige wat vanaf ons uitgegaan het, julle met boodskappe, wat ons hulle nie beveel het nie, ontstel en julle gees omgekrap het deur te sê dat julle die godsdienstige gebruike moet onderhou en besny moet word.
25 As gevolg hiervan het ons met een gesindheid besluit om manne te kies en na julle te stuur saam met ons vriende, Bar-Nabba en Sha’ul, wat ons liefhet.