35 Sha’ul en Bar-Nabba het in Antiogeia gebly en geleer en saam met nog baie ander die boodskap van God verkondig.
36 ’n Paar dae daarna het Sha’ul vir Bar-Nabba gesê: “Kom ons gaan terug en besoek ons broers in al die stede waarin ons die boodskap van God verkondig het, om te sien hoe dit met hulle gaan.
37 Bar-Nabba wou vir Yoganan, wat Markos genoem word, saamvat,
38 maar Sha’ul het dit nie reg geag om hóm saam te vat wat hulle van Pamfulia af verlaat het en nie saam met hulle gegaan het nie.
39 As gevolg van hierdie verskil het hulle van mekaar geskei en het Bar-Nabba vir Markos saamgevat en na Kupros geseil,
40 maar Sha’ul het Sila gekies en vertrek nadat hy deur die broers aan die onverdiende guns van God opgedra is.
41 Hy het na Sirië en Kilikia gegaan en die gemeentes versterk.