6 Die afgevaardigdes en die oudstes het bymekaargekom om hierdie saak te ondersoek
7 en nadat ’n groot debat gevolg het, het Shim’on opgestaan en vir hulle gesê: “Broers, julle weet dat God van die begin af gekies het dat die nasies deur my mond die goeie boodskap sal hoor en vertrou
8 en God, wat die verstand, wil en emosie ken, het aangaande hulle getuig deur aan hulle die Gees van Afsondering te gee net soos aan ons.Num 15:14-16; Yes 56:7; Rom 9:7,8; Rom 11; Efe 2:13-18
9 Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle verstand, wil en emosie gereinig het deur vertroue.
10 Nou waarom toets julle God deur op die nek van die studentevolgelinge ’n juk te lê wat nie ons vaders of ons in staat was om te dra nie?
11 Ons vertrou dat ons, deur die onverdiende guns van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, lewe ontvang deur vertroue, net soos hulle.”
12 Almal in die byeenkoms het stilgebly en na Bar-Nabba en Sha’ul geluister terwyl hulle van al die tekens en wonders vertel wat God deur hulle onder die nasies gedoen het.