15 Nadat sy en die kinders van haar huis gedoop is, het sy by ons aangedring en gesê: “As u oortuig is daarvan dat ek in ons Meester vertrou, kom dan in my huis en bly daar.” Sy het ernstig by ons aangedring.
16 Terwyl ons op pad was na die huis van gebed, ontmoet ons ’n sekere slavin, met die Piton-gees (luislang), wat die toekoms kon voorspel, wat vir haar eienaars groot wins ingebring het deur waarsêery.
17 Sy het Sha’ul en ons gevolg en uitgeskree en gesê: “Hierdie manne is slawe van Ha-Elyon, (die Allerhoogste God) en hulle verkondig aan julle die pad van lewe.”
18 Dit het sy vir baie dae lank gedoen en Sha’ul het kwaad geword, hom omgedraai en vir die gees gesê: “Ek beveel jou in die (Naam) Outoriteit en Karakter van Yeshua, Die Gesalfde Een, om uit haar uit te gaan.” Hy het op daardie oomblik uitgegaan.
19 Toe haar meesters sien dat die hoop van hulle besigheid uit haar uitgaan, het hulle Sha’ul en Sila gegryp, hulle na die markplein gesleep
20 en hulle voor die regters en hoofde van die stad gebring en gesê: “Hierdie manne bring groot moeilikheid in ons stad omdat hulle van Y’hudah is.
21 Hulle verkondig gebruike wat vir ons nie wettig is om aan te neem of te doen nie omdat ons Romeine is.