7 Toe hulle by Musia kom, wou hulle na Bithunia gaan, maar die Gees van Yeshua het hulle nie toegelaat nie.
8 Toe hulle van Musia af weggaan, het hulle na die Troas-streek afgegaan.
9 Deur ’n visioen in die nag het daar ’n Makedoniër by Sha’ul gestaan wat hom smeek en sê: “Kom na Makedonia en help ons!”
10 Toe Sha’ul die visioen gesien het, het ons dadelik beplan om na Makedonia te gaan omdat ons oortuig was dat ons Meester ons geroep het om die goeie boodskap aan hulle te verkondig.
11 Ons het vertrek vanaf Troas reguit na Samothrake en die volgende dag by Neapolis gekom
12 en daarvandaan na Filippi, wat die belangrikste stad van daardie deel van Makedonia, ’n Romeinse kolonie, was. Ons het in hierdie stad ’n paar dae deurgebring
13 en op die Shabbat het ons uitgegaan, buitekant die stad, langs ’n rivier, na waar ons ’n huis van gebed gesien het en ons het gaan sit en met die vroue gepraat wat daar bymekaargekom het.