1 Hulle het deur Amfipolis en Apollonia gereis en in Thessalonike gekom, waar ’n bymekaarkomplek van die Jode was.
2 Volgens sy gewoonte het Sha’ul ingegaan en vir drie Shabbatte lank met hulle uit die Skrifte gepraat
3 en dit uitgelê en gewys dat Die Gesalfde Een moes ly en uit die dood uit opstaan en gesê: “Hierdie Yeshua wat ek aan julle verkondig, Hy is Die Gesalfde Een.”
4 Sommige van hulle is oortuig en het by Sha’ul en Sila aangesluit, asook ’n groot getal van die gelowige Grieke en nie min van die belangrike vrouens nie.
5 Die Jode was jaloers en het bose manne vanuit die strate saamgevat, ’n skare mense bymekaargemaak en die stad in oproer gebring. Hulle het die huis van Yasoon aangeval en probeer om hulle uit te bring van daar en aan die mense oor te gee.
6 Toe hulle hul nie daar kry nie, het hulle Yasoon en die broers wat daar was na die goewerneur gesleep en geskree: “Die mense wat die wêreld in opstand bring, het ook hierheen gekom
7 en Yasoon het hulle ontvang en hulle oortree almal die bepalings van die keiser en sê dat daar ’n ander Koning is, naamlik Yeshua.”