18 Sommige van die volgelinge van Epikourios en die Stoikos filosowe, het met hom gedebatteer. Sommige het gesê: “Wat probeer hierdie storiemaker tog sê?” Ander weer: “Dit lyk of hy ’n verkondiger is van vreemde gode” omdat hy aan hulle die goeie boodskap van Yeshua en Sy opstanding verkondig het.
19 Hulle het hom gevat na die plek van oordeel, wat genoem word: Arios-Pagos (Rots van Ares - Marsheuwel) en gesê: “Ons wil weet wat hierdie nuwe leer is wat deur u verkondig word?
20 Jy het vreemde woorde in ons gehoor gesaai en ons wil weet wat hierdie dinge is.”
21 Al die Atheners en die vreemdelinge wat by hulle gewoon het, het al hulle vrye tyd gebruik om te praat of te luister na iets nuuts.
22 Sha’ul het opgestaan op die Rots van Ares en gesê: “Manne van Athenai, ek sien dat julle in elke opsig uitblink in die aanbidding van demone.
23 Terwyl ek geloop het en die plekke van julle aanbidding gesien het, het ek ook ’n altaar gevind waarop geskrywe is: ‘Aan ’n onbekende god’. Hom wat julle dan aanbid en nie ken nie; Hom verkondig ek aan julle.
24 Die God wat die heelal gemaak het en alles wat daarin is, Hy is Meester van die hemele en van die aarde; Hy woon nie in tempels wat met hande gemaak is nie;