21 Al die Atheners en die vreemdelinge wat by hulle gewoon het, het al hulle vrye tyd gebruik om te praat of te luister na iets nuuts.
22 Sha’ul het opgestaan op die Rots van Ares en gesê: “Manne van Athenai, ek sien dat julle in elke opsig uitblink in die aanbidding van demone.
23 Terwyl ek geloop het en die plekke van julle aanbidding gesien het, het ek ook ’n altaar gevind waarop geskrywe is: ‘Aan ’n onbekende god’. Hom wat julle dan aanbid en nie ken nie; Hom verkondig ek aan julle.
24 Die God wat die heelal gemaak het en alles wat daarin is, Hy is Meester van die hemele en van die aarde; Hy woon nie in tempels wat met hande gemaak is nie;
25 ook word Hy nie deur mensehande gedien en het Hy niks nodig nie omdat Hy self aan almal gees en lewe gee.
26 Hy het uit een bloed die hele mensdom op die aarde gemaak, om oor die hele aarde te bly terwyl Hy vooraf bepaalde tye in Sy opdragte uitgestip en grense vir hulle blyplek vasgestel hetRom 1:20
27 sodat hulle God kon soek en navraag doen en Hom deur Sy skepping kon vind, want Hy is nie ver van elkeen van ons af nie,