1 Terwyl Apollos in Korinthos was, het Sha’ul deur die boonste gebiede gereis en in Efesos gekom waar hy ’n paar studentevolgelinge gevra het:
2 “Het julle die Gees van Afsondering ontvang toe julle tot vertroue gekom het?” Hulle antwoord hom: “Ons het nog nie eens gehoor dat daar ’n Gees van Afsondering is nie.”
3 Hy vra vir hulle: “In watter doop is julle dan gedoop?” Hulle antwoord: “In die doop van Yoganan.”
4 Sha’ul sê vir hulle: “Yoganan het gedoop in die doop van berou oor en wegdraai van die sonde en aan die mense gesê dat hulle moes vertrou in die Een wat ná hom kom, dit is, in Die Gesalfde Een, Yeshua.”
5 Toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Outoriteit en Karakter van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een
6 en Sha’ul het hulle die hand opgelê en die Gees van Afsondering het op hulle gekom en hulle het in verskeie tale gepraat en geprofeteer.