11 God het baie wonderwerke deur die hande van Sha’ul gedoen
12 sodat selfs wanneer handdoeke of voorskote wat aan sy lyf was, op die siekes gelê is, die siektes van hulle af weggegaan en demone uit hulle uitgegaan het.
13 Sommige van die rondreisende Jode, duiwelbesweerders, het dit gewaag om die Naam van ons Meester, Yeshua, te noem oor die wat bose geeste gehad het en te sê: “Ons dryf jou uit in die Karakter en Outoriteit (Naam) van díe Yeshua wat Sha’ul verkondig!”
14 Dit is deur sewe seuns van ’n sekere Skevas, ’n Joodse leierpriester, gedoen,
15 maar hierdie bose demoon het geantwoord en gesê: “Yeshua ken ek en Sha’ul ken ek, maar julle, wie is julle?”
16 Toe spring die man, in wie die bose gees was, op hulle en oormeester en gooi hulle neer sodat hulle kaal en gewond uit daardie huis weggevlug het.
17 Dit het bekend geword aan al die Jode en Arameërs wat in Efesos bly, vrees het op hulle almal gekom en die Outoriteit en Karakter van die Meester, Yeshua, is grootgemaak.