27 Nou is daar nie alleen gevaar dat hierdie ambag van ons verag sal word nie, maar ook dat die tempel van die groot godin, Artemis, as minder gereken sal word en dat haar wonderlikheid, wat die hele Asië, ja, die wêreld, vereer, verag sal word.”
28 Toe hulle dit hoor, is hulle met woede vervul en het geskree en gesê: “Groot is Artemis van die Efesiërs!”
29 Daarop raak die hele stad in oproer en hulle storm soos een man na die teater en sleep vir Gaios en Aristargos, manne van Makedonia wat saam met Sha’ul gereis het, saam.
30 Toe Sha’ul tussen die mense wou ingaan, het die studentevolgelinge hom gekeer.
31 Leiers van Asië, wat sy vriende was, het ook ’n boodskap vir hom gestuur en hom versoek dat hy nie in die teater moes ingaan nie.
32 Die skare het deurmekaar geskree, sommige dit en ander dat, want hulle was deurmekaar en die meeste het nie geweet waaroor hulle bymekaargekom het nie,
33 maar die Jode het Alexandros vanuit die mense vorentoe gestoot en Alexandros het met die hand ’n teken gegee en wou hom by die mense verdedig.