30 Toe Sha’ul tussen die mense wou ingaan, het die studentevolgelinge hom gekeer.
31 Leiers van Asië, wat sy vriende was, het ook ’n boodskap vir hom gestuur en hom versoek dat hy nie in die teater moes ingaan nie.
32 Die skare het deurmekaar geskree, sommige dit en ander dat, want hulle was deurmekaar en die meeste het nie geweet waaroor hulle bymekaargekom het nie,
33 maar die Jode het Alexandros vanuit die mense vorentoe gestoot en Alexandros het met die hand ’n teken gegee en wou hom by die mense verdedig.
34 Toe hulle herken dat hy ’n Jood is, gaan daar een geroep van almal op terwyl hulle omtrent twee ure lank skree: “Groot is Artemis van die Efesiërs!”
35 Die stadsklerk het die skare stilgemaak en gesê: “Efesiërs, watter mens is daar tog wat nie weet dat die stad van die Efesiërs die dienaars is van die groot godin Artemis en van die beeld wat uit die hemel geval het nie?
36 Terwyl dit dan nie weerspreek kan word nie, behoort julle rustig te word en niks haastigs te doen nie,