6 en Sha’ul het hulle die hand opgelê en die Gees van Afsondering het op hulle gekom en hulle het in verskeie tale gepraat en geprofeteer.
7 Hulle was twaalf manne.
8 Sha’ul het in die bymekaarkomplek ingegaan en vrymoediglik vir drie maande met hulle geredeneer en hulle oortuig van die Koninkryk van God,
9 maar toe sommige hulle verhard en nie vertrou nie en voor die mense aanhou kwaadpraat van ‘die Pad van God’, het hy van hulle af onttrek en elke dag met die studentevolgelinge afsonderlik besprekings gehou in die skool van ’n sekere Turannos.
10 Dit het twee jaar lank aangehou totdat almal wat in Asië gebly het die boodskap van יהוה gehoor het, Arameërs, sowel as Jode.
11 God het baie wonderwerke deur die hande van Sha’ul gedoen
12 sodat selfs wanneer handdoeke of voorskote wat aan sy lyf was, op die siekes gelê is, die siektes van hulle af weggegaan en demone uit hulle uitgegaan het.