13 Ander het met hulle gespot en gesê: “Hulle het nuwe wyn gedrink en is dronk.”
14 Na dit het Shim’on Kefa opgestaan, saam met die elf afgevaardigdes en sy stem verhef en vir hulle gesê: “Joodse manne en almal wat in Yerushalayim bly, verstaan wat dit beteken! Luister na my woorde,
15 want hulle is nie dronk soos julle aanneem nie omdat dit maar die derde uur (negeuur in die oggend) is, maar let op,
16 hiérdie is wat deur die profeet Yo’el gesê is:
17 ‘Dit sal gedoen word in die laaste dae, sê God: Ek sal My Gees uitstort op alle mense en julle seuns en julle dogters sal profeteer en julle jongmense sal visioene sien en julle oumense sal drome droom
18 en ook op My slawe en slavinne sal Ek in dié dae van My Gees uitstort en hulle sal profeteer.
19 Ek sal tekens bo in die hemel gee en wondertekens onder op die aarde: bloed, vuur en rookwolke.