15 want hulle is nie dronk soos julle aanneem nie omdat dit maar die derde uur (negeuur in die oggend) is, maar let op,
16 hiérdie is wat deur die profeet Yo’el gesê is:
17 ‘Dit sal gedoen word in die laaste dae, sê God: Ek sal My Gees uitstort op alle mense en julle seuns en julle dogters sal profeteer en julle jongmense sal visioene sien en julle oumense sal drome droom
18 en ook op My slawe en slavinne sal Ek in dié dae van My Gees uitstort en hulle sal profeteer.
19 Ek sal tekens bo in die hemel gee en wondertekens onder op die aarde: bloed, vuur en rookwolke.
20 Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en ontsagwekkende dag van יהוה komYo’el 2:28-32
21 en dit sal wees dat elkeen wat die Outoriteit en Karakter van יהוה aanroep, sal lewe.’