27 want U sal nie my lewe aan Sh’ol oorgee nie en ook nie U Afgesonderde Een verderwing laat smaak nie.Ps 16:8-11
28 U sal aan my die pad van die lewe bekendmaak; in U Teenwoordigheid is daar volheid van vreugde, in U regterhand is daar plesier vir ewig.’1 Kon 2:10
29 Broers, ek kan openlik met julle praat oor die stamvader Dawid, dat hy dood is en ook begrawe is en sy graf is by ons tot vandag toeNeg 12:36 was en geweet het dat God vir hom met ’n eed gesweer het: ‘Een uit die vrug van jou liggaam sal Ek op jou troon laat sit,’Ps 132:11; 2 Sh'm 7:12-13
30 omdat hy ’n profeet
31 het hy, deur dit vooruit te sien, gepraat van die opstanding van Die Gesalfde Een en dat Hy nie in Sh’ol gelos sal word nie en Sy liggaam ook nie verderwing sal sien nie;
32 hierdie Yeshua is deur God opgewek, waarvan ons almal getuies is.
33 Hy is tot by die regterhand van God verhoog en het van die Vader ’n belofte aangaande die Gees van Afsondering ontvang en dít uitgestort, wat julle nou hier sien en hoor,