32 hierdie Yeshua is deur God opgewek, waarvan ons almal getuies is.
33 Hy is tot by die regterhand van God verhoog en het van die Vader ’n belofte aangaande die Gees van Afsondering ontvang en dít uitgestort, wat julle nou hier sien en hoor,
34 want Dawid het nie in die hemele opgevaar nie, maar hy self sê: ‘יהוה het vir my Meester gesê: Sit aan My regterhandPs 110:1
35 totdat Ek U vyande gemaak het ’n voetstoel vir U voete.’
36 Laat die hele huis van Yisra’el daarom waarlik weet dat God daardie Yeshua, vir Wie julle gekruisig het, יהוה en Die Gesalfde Een gemaak het.”
37 Toe hulle hierdie dinge hoor, is hulle verstand, wil en emosie diep getref en hulle het vir Shim’on en die ander afgevaardigdes gesê: “Wat moet ons doen, broers?”
38 Shim’on sê vir hulle: “Draai weg van julle sondes na God toe en laat elkeen van julle gedoop word in die Outoriteit en Karakter (Naam) van יהוה-Yeshua, tot bevryding van sondes sodat julle die geskenk van die Gees van Afsondering kan ontvang,