5 maar aan die einde van die tydperk, het ons op die pad uitgegaan om verder te reis terwyl almal, met vroue en kinders, saam met ons tot buitekant die stad gegaan het, op die strand gekniel en gebid het.
6 Ons het mekaar gesoen, aan boord die skip gegaan en hulle het teruggegaan huis toe.
7 Ons het vanaf Tzor gevaar en by `Akko (Ptolemais) gekom en ons het groete aan die broers oorgedra en een dag by hulle gebly.Hand 6:5
8 Die volgende dag het ons vertrek en in Kaisareia aangekom. Ons het ingegaan in die huis van Filippos, die verkondiger van die goeie boodskap, wat een van die sewe was en by hom gebly.
9 Hy het vier ongetroude dogters gehad wat geprofeteer het.
10 Nadat ons reeds ’n geruime tyd daar oorgebly het, het ’n profeet met die naam van Agav vanaf Y’hudah gekom
11 en hy het by ons gekom en Sha’ul se leer gordel gevat en sy eie hande en voete vasgebind en gesê: “Dít sê die Gees van Afsondering: so sal die Y’hudahiete die man wie se leer gordel hierdie is, in Yerushalayim vasbind en in die hande van die ander nasies oorgee.”