17 Ek het teruggekom na Yerushalayim en het in die tempel gebid
18 en ek het Hom in ’n visioen gesien en Hy het vir my gesê: ‘Maak gou en gaan haastig uit Yerushalayim uit, want hulle sal jou getuienis aangaande My nie aanvaar nie.’
19 Ek het gesê: ‘My Meester, hulle weet self dat ek besig was om die wat in U vertrou, in die tronk te gooi en in die vergaderplekke te slaan
20 en toe die bloed van Stefanos, U getuie, vergiet is, het ek ook self bygestaan en sy moord goedgekeur en die klere opgepas van die wat hom doodgemaak het.’
21 Hy het vir my gesê: ‘Gaan, want Ek stuur jou ver weg na die ander nasies’.”
22 Tot hiertoe het hulle na hom geluister; toe lig hulle hul stemme en sê: “Weg van die aarde af met so ’n mens, want dit is nie reg vir hom om te lewe nie!”
23 Hulle het geskree, hulle klere rondgewaai en stof deur die lug gegooi.