23 Hulle het geskree, hulle klere rondgewaai en stof deur die lug gegooi.
24 Die bevelvoerder oor ’n duisend beveel toe dat hy in die kamp ingebring moes word en het gesê dat hulle hom met sweepslae moes ondersoek sodat hy kon uitvind om watter rede hulle so teen hom skree,
25 maar terwyl hulle hom met die bande uitrek, sê Sha’ul vir die kaptein oor honderd wat daar staan: “Is dit wettig om ’n Romeinse burger, dit sonder ’n hofsaak, met ’n sweep te slaan?”
26 Toe die kaptein oor honderd dit hoor, gaan vertel hy dit vir die bevelvoerder oor ’n duisend en sê: “Wat doen u, want hierdie man is ’n Romein?”
27 Die bevelvoerder oor ’n duisend het na hom toe gekom en gevra: “Sê vir my of jy ’n Romein is?” Hy antwoord: “Ja.”
28 Toe sê die owerste oor ’n duisend: “Ek het hierdie burgerskap vir ’n groot bedrag bekom!” Sha’ul sê vir hom: “Ek is dit egter deur geboorte.”
29 Die wat hom sou ondersoek, het hom dadelik losgemaak en die bevelvoerder oor ’n duisend was ook bang omdat hy nou geweet het dat hy ’n Romein was en hy hom vasgebind het.