23 Hy het twee van die kapteins oor ’n honderd na hom toe geroep en gesê: “Kry twee honderd soldate en sewentig ruiters en twee honderd regshandige skuts, gereed om die derde uur (nege-uur) vanaand na Kaisareia te gaan,
24 asook pakdiere sodat hulle Sha’ul daarop kan sit en veilig deurkry na Felix, die goewerneur.”
25 Hy het in ’n brief, wat hy vir hulle wat by hom was, gegee het, as volg geskryf:
26 “Klaudios Lusias aan die hoogedele goewerneur Felix: Groete!
27 Hierdie man is deur die Jode gevang om hom dood te maak en ek het hom met die soldate gehelp en hom gered toe ek verneem dat hy ’n Romein is.
28 Toe ek te wete wou kom wat die aanklag was waarvan hulle hom beskuldig, het ek hom na hulle Raad afgebring
29 en uitgevind dat hy beskuldig word oor strydvrae van hulle wet, maar dat hy nie aangekla word van iets wat die dood of gevangeskap verdien nie.