20 Of laat hierdie manne self sê of hulle enige verkeerde dade in my gekry het toe ek voor hulle Raad gestaan het,
21 behalwe oor hierdie een stelling wat ek uitgeroep het terwyl ek tussen hulle gestaan het, naamlik: ‘Oor die opstanding van die dode word ek vandag voor u geoordeel’!”
22 Omdat Felix die dinge aangaande hierdie Lewenswyse ten volle geken het, het hy uitgestel en gesê: “Wanneer die bevelvoerder oor ’n duisend afkom, sal ek julle saak aanhoor.”
23 Hy het ook die kaptein oor ’n honderd beveel om Sha’ul te bewaak, met vryheid en dat hy niemand van sy eie mense moes verhinder om hom te bedien nie.
24 ’n Paar dae later het Felix, saam met Drousilla, sy vrou, wat ’n Jodin was, gekom en Sha’ul laat haal en na hom, aangaande die vertroue in Die Gesalfde Een, geluister,
25 maar toe hy praat oor onpartydige opregtheid, afgesonderdheid en die komende oordeel, het Felix baie bang geword en geantwoord: “Gaan weg vir nou en as ek ’n kans kry, sal ek jou laat roep.”
26 Hy het ook gehoop dat Sha’ul hom geld sou gee om hom los te laat; daarom het hy hom ook gereeld laat haal en met hom gepraat,