15 teen wie die leierpriesters en die oudstes van die Jode, toe ek in Yerushalayim was, ’n oordeel gevra het
16 en ek het hulle geantwoord dat dit nie by die Romeine gewoonte is om enige mens aan die dood prys te gee, voordat die beskuldigde die aanklaers voor hom gehad het en geleentheid tot verdediging in verband met die beskuldigings gekry het nie.
17 Toe hulle dan hier vergader het, het ek sonder enige uitstel die volgende dag op die regterstoel gaan sit en bevel gegee om die man te bring.
18 Sy aanklaers het teen hom gestaan en kon geen bose beskuldiging teen hom bewys soos ek verwag het nie,
19 maar hulle het met hom sekere twisvrae oor hulle eie godsdiens gehad en oor ’n sekere Yeshua wat dood is, van wie Sha’ul verklaar het dat Hy lewe.
20 Omdat ek nie geweet het wat om te doen nie, het ek gevra of hy na Yerushalayim wou gaan en daar oor hierdie dinge teregstaan,
21 maar hy het geappelleer om in bewaring te bly vir ’n keiserlike verhoor en ek het beveel dat hy in bewaring moes bly totdat ek hom na die keiser kon stuur.”