6 Nou word ek aangekla oor die versekerde verwagting op die belofte wat God aan die vaders gemaak het,
7 wat ons twaalf stamme, wat ernstig dag en nag bid, verwag om te kom. Oor hierdie versekerde verwagting, koning Agrippus, word ek deur die Jode aangekla.
8 Hoekom word dit deur u as ongelooflik beskou dat God die dooies laat opstaan?
9 Vanuit myself het ek gedink dat ek baie opponerende dinge teen die Outoriteit en Karakter van Yeshua die Natzerener moes doen,
10 wat ek ook in Yerushalayim gedoen het. Ek het ook baie van hulle wat afgesonderd was in tronke opgesluit nadat ek van die leierpriesters die outoriteit gekry het en, as hulle doodgemaak is, het ekself daarvoor gestem.
11 In al die bymekaarkomplekke het ek hulle gereeld gemartel en gedwing om kwaad te praat teen die Karakter en Outoriteit (Naam) van Yeshua en ek het hulle in oormatige woede vervolg, selfs tot in die buitelandse stede.
12 Ek was daárvoor op pad na Dammesek, met outoriteit en toestemming van die leierpriesters,